Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 21:26-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Avimelekh antwoord: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie, jy het dit ook nie vir my gesê nie en ek het ook niks daarvan gehoor nie, behalwe vandag.”

27. Toe vat Avraham kleinvee en beeste en gee dit vir Avimelekh en hulle twee het ’n verbond gesluit.

28. Avraham het sewe ooilammers uit die kleinvee eenkant afgesonder.

29. Avimelekh sê vir Avraham: “Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy afgesonder het?”

30. Hy antwoord: “Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanvaar sodat dit vir my ’n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.”

31. Hulle noem daarom dié plek Be’er-Sh’va omdat hulle twee daar ’n eed gesweer het.

32. So het hulle dan ’n verbond gesluit in Be’er-Sh’va. Daarna het Avimelekh en Pikhol, die bevelvoerder van sy leër, opgestaan en na die land van die F’lishtyne teruggegaan.

33. Hy het ’n tamarisk in Be’er-Sh’va geplant en daar die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, El-’Olam (die ewige Magtige God), aangeroep.

34. Avraham het vir ’n lang tyd as gas in die land van die F’lishtyne gebly.

Lees volledige hoofstuk Genesis 21