Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 21:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het Sarah besoek soos Hy beloof het en יהוה het aan Sarah gedoen soos Hy gesê het:

2. Sarah het bevrug geword en geboorte gegee aan ’n seun vir Avraham, in sy hoë ouderdom, op die bepaalde tyd wat God vir hom gesê het.

3. Avraham het sy seun wat vir hom gebore is, aan wie Sarah vir hom geboorte gegee het, Yitz’gak genoem.

4. Avraham het sy seun Yitz’gak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel hetYog 7:22

5. en Avraham was honderd jaar oud toe sy seun Yitz’gak vir hom gebore is.

6. Sarah het gesê: “’n Vreugde het God vir my gemaak; elkeen wat dit hoor, sal saam met my verheug wees.”

7. Sy het ook gesê: “Wie kon vir Avraham gesê het dat Sarah kinders sal borsvoed, want ek het vir hom in sy oudag geboorte gegee aan ’n seun.”

8. Die seun het opgegroei en is gespeen en Avraham het ’n groot feesmaal voorberei op die dag toe Yitz’gak gespeen is.

9. Sarah het gesien hoe die seun van Hagar, die slavin van Mitzrayim, aan wie sy vir Avraham geboorte gegee het, spot

10. en sy sê vir Avraham: “Dryf hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Yitz’gak erf nie.”

11. Die ding was baie verkeerd in die oë van Avraham ter wille van sy seun,

Lees volledige hoofstuk Genesis 21