Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 20:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. God het vir hom in die droom gesê: “Ja, Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou verstand en begrip gedoen het en Ekself het jou daarvan weerhou om nie teen My te sondig nie; daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.

7. Gee nou die man se vrou terug, want hy is ’n profeet en hy sal vir jou bid sodat jy kan lewe, maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy die dood sal sterf, jy en alles wat aan jou behoort.”

8. Avimelekh het die oggend vroeg opgestaan en al sy diensknegte geroep en al die dinge vir hulle ore gesê en die manne was baie bang.

9. Avimelekh het Avraham laat roep en hom gevra: “Wat het jy aan ons gedoen? Wat het ek teen jou gesondig dat jy oor my en my koninkryk ’n groot sonde gebring het? Jy het aan my gedoen wat nie gedoen mag word nie.”

10. Avimelekh sê ook vir Avraham: “Wat het jou oorreed om hierdie daad te doen?”

11. Avraham antwoord: “Omdat ek gedink het dat daar geen respekvolle vrees vir God in hierdie plek is nie sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak

12. en sy is ook werklik my suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie en sy het my vrou geword.

13. Toe dit gebeur het dat God my uit die huis van my vader laat wegtrek het, het ek vir haar gesê: ‘Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys: op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: “Hy is my broer”’.”

14. Toe neem Avimelekh kleinvee, beeste, slawe en slavinne en gee dit vir Avraham. Hy het ook sy vrou, Sarah, aan hom teruggegee.

15. Avimelekh sê: “Let op my land lê voor jou oop, bly net waar dit goed is in jou oë.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 20