Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 20:15-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Avimelekh sê: “Let op my land lê voor jou oop, bly net waar dit goed is in jou oë.”

16. Vir Sarah sê hy: “Let op, ek gee vir jou broer ’n duisend stukke silwer. Let op, dit is omdat jy verneder is in die oë van my mense en vir die ander dinge waaroor ek jou tereggewys het.”

17. Toe het Avraham tot God gebid en God het Avimelekh gesond gemaak, asook sy vrou en sy slavinne sodat hulle geboorte kon gee,

18. want יהוה het elke baarmoeder van die huis van Avimelekh heeltemal toegesluit ter wille van Sarah, die vrou van Avraham.

Lees volledige hoofstuk Genesis 20