Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 20:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Avraham het daarvandaan weggetrek na die Negev en gaan bly tussen Kadesh en Shur en as besoeker in G’rar gebly.

2. Avraham het van Sarah, sy vrou, gesê: “Sy is my suster.” Avimelekh, die koning van G’rar, het Sarah laat haal.

3. God het egter in die nag by Avimelekh gekom in ’n droom en vir hom gesê: “Let op, jy is dood as gevolg van die vrou wat jy gevat het, want sy is ’n getroude vrou.”

4. Avimelekh het egter nog nie naby haar gekom nie en hy vra: “יהוה, sal U ’n opregte en onskuldige nasie ook doodmaak?

5. Het hy nie self vir my gesê: ‘Sy is my suster’ nie en het sy nie self ook gesê: ‘Hy is my broer’ nie? In die onskuld van my verstand en begrip en in die reinheid van my hande het ek hierdie ding gedoen.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 20