Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 2:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. יהוה-God, het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, ’n vreugde om te sien en goed om te eet; ook die ‘Boom van die Lewe’ in die middel van die tuin en die ‘Boom van die Kennis van Goedheid en Boosheid.’

10. Daar het ’n rivier uit `Eden uitgegaan om die tuin nat te maak en van daar is dit verdeel en het vier strome geword.

11. Die naam van die eerste is die Pishon. Dit is hy wat om die hele land Gavilah loop, waar die goud is;

12. die goud van dié land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen.

13. Die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kush loop.

14. Die naam van die derde rivier is die Giddekel. Dit is hy wat oos van Ashur loop. Die vierde rivier is die Ferat (Eufraat).

15. Toe het יהוה-God, die mens gevat en hom in die tuin van `Eden gesit om dit om te spit en te beskerm.Gen 3:23

16. יהוה-God het die mens beveel en gesê: “Van al die bome van die tuin mag jy as kos eet,

17. maar van die ‘Boom van die Kennis van Goedheid en Boosheid’, daarvan mag jy nie eet nie, want op die dag as jy daarvan eet, sal jy die dood sterf.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 2