Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 2:2-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Op die sesde dag is God se werk, wat Hy gemaak het, voltooi en op die sewende dag het Hy gerus van alle werk wat Hy gemaak hetHeb 4:4

3. en God het die sewende dag geseën en dit afgesonder omdat Hy daarop gerus het van al Sy werk; dit wat God geskep het in ’n God-eie manier.

4. Hierdie is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Op die dag toe יהוה-God die aarde en die hemel gemaak het,

5. was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie, want יהוה-God het dit nog nie laat reën op die aarde nie en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.

6. ’n Wolk het egter opgestyg vanuit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.

7. יהוה-God het die mens gevorm uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas sodat die mens ’n lewende gees, liggaam, wil en verstand geword het.1 Kor 15:45

8. יהוה-God het ook ’n tuin geplant in die ooste, in `Eden en die mens wat Hy gevorm het, daar geplaas.

9. יהוה-God, het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, ’n vreugde om te sien en goed om te eet; ook die ‘Boom van die Lewe’ in die middel van die tuin en die ‘Boom van die Kennis van Goedheid en Boosheid.’

10. Daar het ’n rivier uit `Eden uitgegaan om die tuin nat te maak en van daar is dit verdeel en het vier strome geword.

11. Die naam van die eerste is die Pishon. Dit is hy wat om die hele land Gavilah loop, waar die goud is;

12. die goud van dié land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen.

13. Die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kush loop.

14. Die naam van die derde rivier is die Giddekel. Dit is hy wat oos van Ashur loop. Die vierde rivier is die Ferat (Eufraat).

15. Toe het יהוה-God, die mens gevat en hom in die tuin van `Eden gesit om dit om te spit en te beskerm.Gen 3:23

Lees volledige hoofstuk Genesis 2