Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 2:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So is die hemel en die aarde en al hulle hordes voltooi.

2. Op die sesde dag is God se werk, wat Hy gemaak het, voltooi en op die sewende dag het Hy gerus van alle werk wat Hy gemaak hetHeb 4:4

3. en God het die sewende dag geseën en dit afgesonder omdat Hy daarop gerus het van al Sy werk; dit wat God geskep het in ’n God-eie manier.

4. Hierdie is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Op die dag toe יהוה-God die aarde en die hemel gemaak het,

5. was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie, want יהוה-God het dit nog nie laat reën op die aarde nie en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.

6. ’n Wolk het egter opgestyg vanuit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.

7. יהוה-God het die mens gevorm uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas sodat die mens ’n lewende gees, liggaam, wil en verstand geword het.1 Kor 15:45

Lees volledige hoofstuk Genesis 2