Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 19:31-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. Die oudste dogter het aan die jongste gesê: “Ons vader is oud en daar is geen man in die land om, na die gewoonte van die ganse aarde, na ons toe te kom nie.

32. Kom, laat ons ons vader wyn gee om te drink en by hom lê sodat ons ons vader se saad lewend kan hou.”

33. Hulle gee toe dié nag vir hulle vader wyn om te drink en die oudste het gekom en by hom gaan lê sonder dat hy geweet het wanneer sy gaan lê of wanneer sy opgestaan het.

34. Die volgende dag sê die oudste dogter aan die jongste: “Let op, ek het verlede nag by my vader gaan lê; laat ons hom vannag weer wyn gee om te drink; gaan dan in, lê by hom sodat ons ons vader se saad deur ons lewend kan hou.”

35. Hulle gee toe dié nag weer vir hulle vader wyn om te drink en die jongste het opgestaan en by hom gaan lê sonder dat hy geweet het wanneer sy gaan lê of wanneer sy opgestaan het.

36. So het die twee dogters van Lot by hulle vader verwagtend geword

37. en die oudste dogter het geboorte gegee aan ’n seun en hom Mo’av genoem. Hy is die vader van die Mo’aviete tot vandag toe.

Lees volledige hoofstuk Genesis 19