Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 19:24-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. יהוה het swawel en vuur oor S’dom en `Amorra laat reën, vanaf die Teenwoordigheid van יהוה, vanuit die hemele

25. en Hy het hierdie stede omvergegooi en die hele Yardenvallei, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei.

26. Sy vrou het agter hom omgekyk en sy het ’n soutpilaar geword.

27. Avraham is vroeg in die oggend na die plek waar hy voor die Teenwoordigheid van יהוה gestaan het

28. en hy het uitgekyk oor S’dom en `Amorra en oor die hele land van die Yardenvallei en hy het gesien, let op, die rook van die land gaan op soos die rook van ’n smeltoond.

29. Terwyl God die stede van die Yardenvallei vernietig, het God Avraham onthou en Lot uitgestuur uit die vernietiging, toe Hy die stede waar Lot gebly het, omvergewerp het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 19