Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:6-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Toe loop Avraham haastig die tent in na Sarah toe en sê: “Maak gou, knie drie seah (12,75 liter) van die beste meel en maak roosterkoeke.”

7. Avraham hardloop na die beeste en vang ’n vet, goeie kalf en gee dit aan die jongman, wat dit gou voorberei het.

8. Hy neem ook botter, soetmelk en die kalf wat hy voorberei het en sit dit aan hulle voor terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan en hulle het geëet.

9. Toe sê hulle vir hom: “Waar is Sarah, jou vrou?” Hy antwoord: “Let op, in die tent.”

10. יהוה sê: “Ek sal sekerlik ná die tyd van lewe terugkom na jou toe, dan sal jou vrou Sarah ’n seun hê.” Sarah het dit gehoor by die ingang van die tent wat agter haar was.

11. Avraham en Sarah was oud, ver gevorderd in dae en dit het met Sarah nie meer volgens die natuur van vroue gegaan nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 18