Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 17:2-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. en Ek sal My verbond sluit tussen My en jou en jou uitermate oorvloedig vermeerder.

3. Toe val Avram op sy gesig en God het met hom gepraat en gesê:

4. “Wat My betref, let op, Ek sluit My verbond met jou en jy sal die vader van ’n menigte nasies wees.

5. Jou naam sal ook nie meer Avram wees nie, maar jou naam sal Avraham wees, want Ek het jou ’n vader van ’n menigte nasies gemaak.Rom 4:17

6. Ek sal jou vrugbaar maak en jou uitermate oorvloedig vermeerder: Ek sal jou vader van baie nasies maak en konings sal uit jou lendene kom.

7. Ek sal My verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou, in hulle geslagte, as ’n ewige verbond: Ek sal vir jou God wees en vir jou nageslag ná jou.

8. Ek sal ook aan jou en jou nageslag ná jou die land, waar jy besoeker is, gee; die hele land Kena’an, as ’n ewige erfenis en Ek sal hulle God wees.”

9. God het ook vir Avraham gesê: “Wat jou betref: jy moet My verbond nakom, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag

10. is dit My verbond wat jy moet nakom tussen My en jou en jou nageslag ná jou.

11. Almal wat manlik onder julle is, moet besny word. Julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word en dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en julle.Yog 7:22

12. Hy, onder julle, wat agt dae oud is, moet besny word, almal wat manlik is, in julle geslagte; die wat in jou huis gebore is en die wat nie van jou nageslag is nie, wat van enige vreemdeling met geld gekoop is.

13. Hy wat in jou huis gebore is en hy wat met jou geld gekoop is moet sekerlik besny word en My verbond sal in julle vlees wees as ’n ewige verbond

14. en die onbesnede manlike persoon, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie, dié persoon moet afgesny word van sy volk; hy het My verbond gebreek.

15. God het ook vir Avraham gesê: “Wat jou vrou, Sarai, betref, moet jy haar nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sarah wees

Lees volledige hoofstuk Genesis 17