Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 15:3-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Verder het Avram gesê: “U het nie vir my ’n nageslag gegee nie en let op, ’n seun wat in my huis gebore is, is my erfgenaam.”

4. “Let op,” sê יהוה vir hom, “hierdie man sal nie jou erfgenaam wees nie, maar een wat uit jou eie liggaam sal kom, hy sal jou erfgenaam wees.”Hand 7:5

5. Hy het hom na buite gebring en gesê: “Kyk nou goed na die hemel en tel die sterre as jy ’n getal daaraan kan gee.” Hy sê ook vir hom: “Net so sal jou nageslag wees.”

6. Avram het in יהוה vertrouYa’a 2:23; Rom 4:3,9,18,22; Gal 3:6 en Hy het hom dít tot onpartydige opregtheid gereken.

7. Hy het ook vir hom gesê: “Ek is יהוה wat jou uitgebring het uit Ur van die Kasdeërs om vir jou hierdie land te gee om te besit.”

8. Hy sê: “O, יהוה-God, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?”

9. Hy antwoord hom: “Vat vir My ’n driejaaroud vers, ’n driejaaroud bokooi, ’n driejaaroud ram, ’n tortelduif en ’n jong duif.”

10. Hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gesny en die helftes teenoor mekaar gelê, maar die voëls het hy nie in twee gesny nie.

11. Toe die roofvoëls op die karkasse afkom, het Avram hulle weggejaag

12. en toe die son besig was om onder te gaan, val daar ’n diepe slaap oor Avram en let op, verskrikking en groot duisternis het oor hom gekom.

13. יהוה sê vir Avram: “Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ’n land wat nie aan hulle behoort nie. Hulle sal slawe wees en onderdruk word vir vier honderd jaar lank,

14. maar Ek sal ook die nasie onder wie hulle slawe moet wees oordeel en daarna sal hulle uitgaan met baie besittings.Hand 7:7

Lees volledige hoofstuk Genesis 15