Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 12:14-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Dit het so gebeur dat toe Avram in Mitzrayim kom, die Mitzrayiete gesien het dat sy vrou baie mooi was.

15. Die heersers van Farao het haar ook gesien en haar by Farao aangeprys en die vrou is in Farao se paleis ingevat.

16. Hy het Avram goed behandel om haar ontwil sodat hy kleinvee, beeste, esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele gekry het.

17. יהוה het Farao en sy huis egter met groot plae getref as gevolg van Sarai, die vrou van Avram.

18. Daarop laat Farao Avram roep en sê: “Wat is dit wat jy aan my gedoen het? Waarom het jy my nie gesê dat sy jou vrou is nie?

19. Waarom het jy gesê: ‘Sy is my suster’ sodat ek haar vir my as vrou kon gevat het? Daarom dan, hier is jou vrou, vat haar en gaan weg.”

20. Farao het sy manne bevel gegee aangaande hom en hulle het hom weggestuur saam met sy vrou en al sy besittings.

Lees volledige hoofstuk Genesis 12