Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die nageslag van die seuns van Noag: Shem, Gam en Yefet; daar is vir hulle seuns gebore ná die vloed.

2. Die seuns van Yefet was: Gomer, Magog, Madai, Yavan, Tuval, Meshekh en Tiras.

3. Die seuns van Gomer was: Ashkenaz, Rifat en Togarmah.

4. Die seuns van Yavan was: Elíshah, Tarshish, die Kittiërs en Dodaniete.

5. Vanuit hierdie is die streke van die nasies verdeel in hulle lande, elkeen volgens sy taal, volgens hulle families, volgens hulle nasies.

6. Die seuns van Gam was: Kush, Mitzrayim, Put en Kena’an.

7. Die seuns van Kush was: S’va, Havilah, Savta, Ra’mah en Savt’kha. Die seuns van Ra’mah was: Sh’va en D’dan.

8. Kush was ook die vader van Nimrod. Hy het al verwoestende ’n kragtige vegter op aarde geword.

9. Hy was ’n kragtige jagter voor יהוה; daarom sê hulle: “Net soos Nimrod, ’n kragtige jagter voor יהוה.”

10. Die begin van sy ryk was Bavel, Erekh, Akkad en Kalneh in die land Shin’ar.

11. Vanuit Shin’ar het hy uitgetrek na Ashur en Ninveh gebou, asook die stede Regovot, Kelag

12. en Resen, tussen Ninveh en Kelag, wat ’n groot stad was.

13. Mitzrayim was die vader van die Ludiete, `Anamiete, L’haviete, Naftugiete,

14. die Patrusiete, Kaftoriete en Kaslugiete; waaruit die F’lishtyne voortgekom het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 10