Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 8:13-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. van die laaste seuns van Adonikam wie se name is: Elifelet, Ye’i’el en Sh’ma’yah en sestig mans saam met hulle;

14. van die seuns van Bigwai: `Utai en Zakur en sewentig mans saam met hulle.

15. Ek het hulle bymekaar laat kom by die rivier wat na Ahawa loop en ons het drie dae daar gekamp en ek het gekyk na die volk en die priesters, maar geen van die seuns van Levi gekry nie;

16. daarom het ek vir Eli’ezer, Ari’el, Sh’ma’yah, Elnatan, Yariv, Eliatan, Natan, Z’kharyah en Meshullam, die leiers en vir Yoyariv en Eliatan, manne met insig, geroep

17. en hulle bevel gegee om na `Iddo, die hoof van die plek Kasifya, te gaan en ek het vir hulle gesê wat om vir `Iddo en vir sy broers, wat by Kasifya kamp, te sê, dat hulle vir ons bedienaars vir die huis van ons God moes bring.

18. Omdat die goeie guns van ons God oor ons was, het hulle vir ons ’n man van insig gebring vanuit die nageslag van Magli, die seun van Levi, die seun van Yisra’el, Sherevyah met sy seuns en sy broers, twaalf

19. en Hashavyah en saam met hom Yesha’yah, van die seuns van M’rari, sy broers en hulle seuns, twintig

20. en ook van die manne wat Dawid aangestel het vir die diens van die Leviete (wat afgesonderd was), twee honderd en twintig en almal is by hulle name uitgeken.

21. Toe het ek hulle geroep en ’n vastyd uitgeroep by die rivier Ahawa, om ons te verneder voor ons God, om ’n regte pad vir ons te vind en vir ons families en al ons goed,

22. want ek was skaam om van die koning ’n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad omdat ons met die koning gepraat en gesê het: “Die hand van ons God is met almal wat Hom ten goede soek, maar Sy krag en Sy woede is oor almal wat Hom verlaat.”

23. Ons het gevas en dit van ons God gevra en Hy het na ons geluister.

24. Toe het ek twaalf van die oudstes van die priesters gekies: Sherevyah, Hashavyah en tien van hulle broers saam met hulle

25. en vir hulle die silwer en die goud en die voorwerpe afgeweeg, selfs die geskenke aan die huis van ons God, wat die koning, sy edeles, sy prinse en die hele Yisra’el daar teenwoordig, geskenk het.

Lees volledige hoofstuk `Ezra 8