Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 6:11-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Ek het ook ’n verordening gemaak dat wie ook al hierdie bevel verander; laat ’n balk uit sy huis getrek word en vir hom ’n kruis gemaak word en laat hy daarop gekruisig word en van sy huis ’n mishoop gemaak word.

12. Die God, Wie se Naam (Karakter en Outoriteit) ons gevind het dat dit daar is, sal daar bly en elke koning of volk wat sy hand uitsteek om hierdie bevel te oortree, of om die huis van God, wat in Yerushalayim is, te verwoes, Ek, Daryavesh, het beveel dat hy haastig vernietig sal word.

13. Toe het Tattenai, kanselier wes van die Eufraat en Sh’tar-Boznai met hulle bondgenote gou gehandel volgens die bevel wat Daryavesh, die koning gestuur het.

14. Die Y’hudahiete het die werk gedoen en hulle was voorspoedig deur die profesieë van Haggai, die profeet en Z’kharyah, die seun van `Iddo en hulle het gebou en dit voltooi volgens die bevel van die God van Yisra’el en op bevel van Koresh, Daryavesh en Artag’shashta, konings van Perse.

15. Hierdie huis was klaar op die derde dag van die maand Adar (12de maand), in die sesde jaar van die regering van koning Daryavesh.

16. Die seuns van Yisra’el, die priesters, die Leviete en die ander seuns van Y’hudah, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.

Lees volledige hoofstuk `Ezra 6