Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 5:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die profete, Haggai en Z’kharyah, die seun van `Iddo, vir die Y’hudahiete, wat in Y’hudah en Yerushalayim was, aangaande hulle geprofeteer in die Karakter en Outoriteit (Naam) van die God van Yisra’el.

2. Toe het Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el en Yeshua, die seun van Yotzadak, opgestaan en begin om die huis van God, wat in Yerushalayim is, te bou en saam met hulle was die profete van God wat hulle gehelp het.

3. In daardie tyd het Tattenai, die kanselier wes van die Eufraat en Sh’tar-Boznai en hulle bondgenote na hulle gekom en só vir hulle en die res van die mense gesê: “Wie het aan julle die bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur op te rig?”

4. Toe het hulle met hul gepraat volgens die wet en gesê: “Wat is die name van die manne wat hierdie bouwerk doen?”

5. Die oog van hulle God was egter op die bannelinge van Yisra’el en hulle het nie opgehou totdat die saak na Daryavesh gebring is nie en toe het hulle ’n antwoord teruggestuur aangaande die saak.

6. Die afskrif van die brief wat Tattenai, die kanselier wes van die Eufraat en Sh’tar-Boznai en hul bondgenote, wat wes van die Eufraat was, aan koning Daryavesh gestuur het;

7. hulle het aan hom ’n brief gestuur waarin so geskryf is: “Aan Daryavesh, die koning, alle vrede, voorspoed, vergenoegdheid, gesondheid en vreugde!

8. Laat dit aan die koning bekend wees dat ons na die provinsie Y’hudah, na die stad van die groot God, gegaan het wat met groot klippe gebou word en baie hout word in die mure gelê; ’n groot werk word daar gedoen en die groot werk is voorspoedig in hulle hande.

9. Toe het ons daardie oudstes gevra en só vir hulle gesê: ‘Wie het aan julle die bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur op te rig?’

10. Ons het ook vir hulle hul name gevra dat ons u kan inlig en dat ons die name van die manne wat hul leiers is, kan skryf.

Lees volledige hoofstuk `Ezra 5