Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 4:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Toe skryf Regum, die kanselier en Shimshai, die skrywer en hulle bondgenote, die Dinaïete, die Afarsat’khiete, die Tarp’liete, die Afarsiete, die Ark’wiete, die Baveloniërs, die Shushan’khiete, die Dehayiete, die `Eilamiete2 Kon 17:24-26

10. en die ander nasies wat die groot en beroemde Osnappar weggevoer en in die stede van Shomron gevestig het en die ander wat aan hierdie kant van die Eufraat is, in daardie tyd.

11. Hierdie is ’n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het, aan koning Artag’shashtra: “U diensknegte, die manne wes van die Eufraat, as volg:

12. laat dit aan die koning bekend wees dat die Y’hudahiete wat van u af na ons opgetrek het, in Yerushalayim aangekom het en dat hulle die rebelse en bose stad bou. Die mure is voltooi en die fondasies gegrawe.

13. Laat dit nou aan die koning bekend wees dat, as hierdie stad gebou en die mure voltooi is, u geen belasting, opbrengs of tol sal ontvang nie en u die inkomste van die konings in gevaar sal stel.

14. Aangesien ons nou die sout van die paleis geëet het en dit ons nie pas om die oneer van die koning te aanskou nie, stuur ons en laat die koning weet

15. dat die boek van die kronieke van u vaders gelees mag word en u sal vind in die boek van kronieke dat dié stad ’n rebelse stad is en skadelik vir konings en provinsies en dat van ouds af daarin groot stryd plaasgevind het; daarom is dié stad verwoes.

16. Ons maak dit aan die koning bekend dat, as dié stad gebou en die mure voltooi word, u daardeur geen outoriteit sal hê wes van die Eufraat nie.”

17. Toe het die koning ’n antwoord gestuur: “Aan Regum, die kanselier en Shimshai, die skrywer en hulle bondgenote wat in Shomron en in die ander gebied wes van die Eufraat bly: vrede, vreugde, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.

18. Toe die brief wat julle aan ons gestuur het, aangekom het, is dit duidelik voor my gelees.

19. Ek het beveel en hulle het gesoek en gevind dat dié stad van ouds af hom teen konings verset en dat rebellie en oproer daarin verwek is.

20. Daar was ook magtige konings oor Yerushalayim wat geheers het oor al die lande wes van die Eufraat en hulle het niks vir die antieke konings omgegee nie;

Lees volledige hoofstuk `Ezra 4