hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10

Ou Testament

Nuwe Testament

`Ezra 10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Terwyl `Ezra bid, erken en huilend neerval op sy gesig voor die huis van God, kom daar uit Yisra’el ’n baie groot vergadering van manne, vroue en kinders by hom bymekaar, want die volk het aanhoudend gehuil.

2. Sh’khanyah, die seun van Yegi’el, van die seuns van `Eilam, begin praat en sê vir `Ezra: “Ons het teen ons God oortree en het vreemde vroue uit die volke van die land gevat. Is daar nou enige hoop vir Yisra’el in hierdie saak?

3. Laat ons daarom nou ’n verbond met ons God sluit om al die vreemde vroue en hulle wat uit hul gebore is, weg te stuur volgens die raad van יהוה en van hulle wat bewe by die wet van ons God en Sy opdragte; doen dit nou en wees sterk,

4. want hierdie wet is vir julle uitgevaardig en ons staan by julle; wees onveranderlik sterk en doen dit!”

5. Toe het `Ezra, die skrifgeleerde, opgestaan en die oudstes van die priesters, die Leviete en die hele Yisra’el laat sweer dat hulle sal doen volgens hierdie opdrag en hulle het gesweer.

6. Toe het `Ezra, die skrifgeleerde, opgestaan van voor die huis van God en in die kamer van Y’hoganan, die seun van Elyashiv ingegaan en hy het daar gesit, maar geen brood geëet of water gedrink nie, want hy was vol smart vir die oortreding van die mense.

7. Hulle het ’n aankondiging gemaak reg deur Y’hudah en Yerushalayim aan al die ballinge om in Yerushalayim bymekaar te kom

8. en dat aan elkeen wat nie binne drie dae kom nie, gedoen sal word volgens die besluit van die leiers en die oudstes: al sy rykdom kan verbeur word en hy self word uit die volk afgeskei.

9. Toe het al die manne van Y’hudah en Binyamin binne drie dae in Yerushalayim bymekaargekom. Dit was die negende maand, op die tiende van die maand en die hele volk van יהוה het in die straat voor die huis van יהוה vergader en gebewe en geskud as gevolg van hierdie saak.

10. Toe het `Ezra, die priester, opgestaan en vir hulle gesê: “Julle het oortree teenoor God en vreemde vroue gevat en so die sonde van Yisra’el vermeerder;

11. daarom, erken dit nou aan יהוה, die God van julle vaders en doen Sy wil; sonder julle af van die volke van die land en van die vreemde vroue.”

12. Toe antwoord die hele vergadering en sê hardop: “Jou woorde aangaande ons is goed en ons sal alles aanvaar wat jy aangaande ons sê en dit getrou doen,

13. maar die mense is baie, dit is die reëntyd en ons kan nie in die straat staan nie en dit is ook nie ’n werk vir een of twee dae nie, want ons sondes is baie in hierdie saak.

14. Laat ons oudstes vir die hele vergadering opstaan en laat almal wat in ons stede is, wat vreemde vroue gevat het, op die tyd van gebed kom en saam met hulle die oudstes en die regters van elkeen se stad totdat die woede van ons God oor hierdie saak, van ons weggedraai is.”

15. Net Yonatan, die seun van `Asah’el en Yagz’yah, die seun van Tikwah, het dit teëgestaan en Meshullam en die Leviet, Shabtai, het hulle ondersteun.

16. Die ballinge het so gedoen en `Ezra, die priester, het tien manne gekies, hoofde van hulle families en hulle is almal by hul naam uitgeroep en hulle het op die eerste dag van die tiende maand gaan sit om die saak te ondersoek.

17. Hulle het al die manne wat vreemde vroue gevat het, klaar ondersoek teen die eerste dag van die eerste maand.

18. Onder die nageslag van die priesters is sommige gevind wat vreemde vroue gevat het, naamlik, die seuns van Yeshua, die seun van Yotzadak en sy broers: Ma’aseiyah, Eli’ezer, Yariv en G’dalyah

19. en ook hulle het toegegee om hulle vroue weg te stuur en hulle het ramme uit die trop geoffer vir hulle sonde.

20. Van die seuns van Immer: Hanani en Z’vadyah.

21. Van die seuns van Harim: Ma’aseiyah, Eliyah, Sh’ma’yah, Yegi’el en `Uziyah.

22. Van die seuns van Pashgur: Elyo’einai, Ma’aseiyah, Yishma’el, N’tan’el, Yozavad en El’asah.

23. Van die Leviete: Yozavad, Shim’i, K’layah, K’lita, P’tagyah, Y’hudah en Eli’ezer.

24. Van die sangers: Elyashiv. Van die poortwagters: Shallum, Telem en Uri.

25. Ook vanuit Yisra’el, van die seuns van Par’osh: Ramyah, Yizziyah, Malkiyah, Miyamin, El’azar, Malkiyah en B’nayah.

26. Van die seuns van `Eilam: Mattanyah, Z’kharyah, Yegi’el, `Avdi, Yeremot en Eliyah.

27. Van die seuns van Zattu: Elyo’einai, Elyashiv, Mattanyah, Yeremot, Zavad en `Aziza.

28. Van die seuns van B’vai: Y’hoganan, Hananyah, Zabbai en `Atlai.

29. Van die seuns van Bani: Meshullam, Mallukh, `Adayah, Yashuv, Sh’al en Yeremot.

30. Van die seuns van Pagat-Mo’av: `Adna, K’lal, B’nayah, Ma’aseiyah, Mattanyah, B’tzal’el, Binui en M’nasheh.

31. Van die seuns van Harim: Eli’ezer, Yishiyah, Malkiyah, Sh’ma’yah, Shim’on,

32. Binyamin, Mallukh, Sh’maryah en Semárja.

33. Van die seuns van Hashum: Mattnai, Mattatah, Zavad, Elifelet, Yeremai, M’nasheh en Shim’i.

34. Van die seuns van Bani: Ma’adai, `Amram, U’el,

35. B’nayah, Bedyah, K’luhu,

36. Wanyah, M’remot, Elyashiv,

37. Mattanyah, Mattnai, Ya’asai,

38. Bani, Binui, Shim’i,

39. Shelemyah, Natan, `Adayah,

40. Makhnavdai, Shashai, Sharai,

41. `Azar’el, Shelemyah, Sh’maryah,

42. Shallum, Amaryah en Yosef.

43. Van die seuns van N’vo: Ye’i’el, Mattitya, Zavad, Z’vina, Yiddu, Yo’el en B’nayah.

44. Hulle almal het vreemde vroue gevat en sommige van hulle het vroue gehad waarby hulle kinders gehad het.