Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 9:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die twaalfde maand, dit is die maand Adar, op die dertiende van die maand, toe die bevel van die koning en sy wet uitgevoer sou word, op die dag dat die vyande van die Y’hudahiete gehoop het om hulle te oorweldig, alhoewel die bevelskrif tot die teenoorgestelde gedraai is sodat die Y’hudahiete oor hulle haters sou heers,

2. het die Y’hudahiete saamgekom in hulle stede in al die provinsies van koning Agashverosh om hulle aan te val wat hul skade soek en niemand kon hulle weerstaan nie, want vrees vir hulle het op al die volke geval.

3. Al die prinse van die provinsies, die bevelvoerders van die weermag, die goewerneurs en hulle wat in diens van die koning was, het die Y’hudahiete ondersteun, want vrees vir Mordekhai het hulle oorval,

4. want Mordekhai was groot in die paleis van die koning en sy beroemdheid het deur al die provinsies versprei omdat die man Mordekhai al groter geword het.

5. So het die Y’hudahiete al hulle vyande met die swaard neergeslaan in slagting en vernietiging en het aan hulle gedoen wat hulle wat hul haat, aan hul sou doen.

6. In Shushan, in die paleis, het die Y’hudahiete vyf honderd man gedood en uitgewis

Lees volledige hoofstuk Ester 9