hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10

Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die koning en Haman het ingegaan na die feesmaal wat Ester, die koningin, voorberei het.

2. Op die tweede dag van die feesmaal van wyn het die koning weer vir Ester gesê: “Wat is jou begeerte en wat is jou versoek? Dit sal aan jou toegestaan word, tot die helfte van die koninkryk.

3. Toe antwoord Ester, die koningin en sê: “As ek guns in u oë gevind het, o koning en as dit die koning gelukkig sal maak, laat my lewe vir my gegee word en dié van my volk, deur my smeking, op my versoek,

4. want ons is verkoop, ek en my volk, om neergeslaan, gedood te word met die swaard en uitgewis te word, as ons maar as slawe en slavinne verkoop is, sou ek stilgebly het, maar die vyand sal nie huiwer om skade aan die koning te doen nie.”

5. Toe antwoord koning Agashverosh en sê vir Ester, die koningin: “Wie is hy en waar is hy wat dit in sy denke waag om so te maak?”

6. Ester sê: “Die onderdrukker en vyand is hierdie bose Haman!” Toe bewe Haman voor die koning en die koningin

7. en die koning het in sy woede van die wynfeesmaal af opgestaan en na die tuin van die paleis gegaan en Haman het daar gebly om vir sy lewe te pleit by Ester, die koningin, want hy het gesien dat boosheid deur die koning oor hom besluit is.

8. Haman het op die rusbank neergeval waarop Ester gesit het en toe die koning uit die tuin van die paleis na die saal van die wynfeesmaal terugkom, het die koning gesê: “Wil hy ook die koningin voor my in die huis onteer?” Soos die woord uit die mond van die koning gekom het, het hulle Haman se gesig bedek.

9. Harvona, een van sy lyfknegte, het voor die koning gesê: “Let op, die galg, vyftig el hoog, wat Haman laat maak het vir Mordekhai, wat goed van die koning gepraat het, staan by die huis van Haman!” Toe sê die koning: “Hang hom daaraan op!”

10. Hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mordekhai voorberei het. Toe is die koning se woede afgekoel.