Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 4:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. In elke provinsie, waar die bevel van die koning en sy wet ook al aangekom het, was daar groot rou onder hulle van Y’hudah met vas en gehuil en klaagliedere; baie het in sak en as gelê.

4. Toe Ester se diensmeisies en haar lyfkneg kom en haar vertel, was die koningin baie omgekrap en sy het klere gestuur om Mordekhai aan te trek en om sy roukleed van hom weg te vat, maar hy het dit nie aanvaar nie.

5. Toe het Ester vir Hatakh, een van die lyfknegte van die koning, wat hy in haar diens gestel het, geroep en hom beveel om na Mordekhai te gaan om uit te vind wat dit beteken en waarom dit gebeur.

6. Hatakh het uitgegaan na Mordekhai, in die strate van die stad wat voor die poort van die koning is.

7. Toe vertel Mordekhai hom alles wat hom oorgekom het en van die bedrag silwer wat Haman beloof het om in die skatte van die koning af te weeg om hulle van Y’hudah te vernietig.

8. Hy het ook vir hom ’n afskrif gegee van die skrywe wat in Shushan, in die paleis, uitgevaardig is om dit aan Ester te wys en haar te versoek om in te gaan na die koning en hom te smeek en te versoek namens haar volk.

9. Hatakh het ingegaan en die woorde van Mordekhai aan Ester vertel.

Lees volledige hoofstuk Ester 4