Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 7:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het aan Moshe gesê: “Kyk, Ek het jou soos God vir Farao gemaak en jou broer Aharon sal jou profeet wees.

2. Jy moet alles sê wat Ek jou beveel en jou broer Aharon moet met Farao praat om die seuns van Yisra’el uit sy land uit te laat gaan.

3. Ék sal Farao se wil, emosie en verstand verhard sodat Ek My tekens en wonderwerke in die land van Mitzrayim kan vermenigvuldig.

4. Wanneer Farao nie na julle luister nie, dan sal Ek My hand lê op Mitzrayim en My leërmag, My volk, die seuns van Yisra’el, deur groot oordele uitbring uit die land van Mitzrayim.

5. Die Mitzrayiete sal weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek My hand oor Mitzrayim uitsteek en die seuns van Yisra’el van tussen hulle af uitbring.”

6. Moshe en Aharon het gedoen soos יהוה hulle beveel het; so het hulle gedoen.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 7