Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 6:18-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Die seuns van K’hat was `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el. Die lewensjare van K’hat was honderd drie en dertig jaar.

19. Die seuns van M’rari was Magli en Mushi. Hierdie was die families van Levi volgens hulle nageslagte.

20. `Amram het Yokheved, sy vader se suster, vir hom as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan Aharon en Moshe. Die lewensjare van `Amram was honderd sewe en dertig jaar.

21. Die seuns van Yitz’har was Korag, Nefeg en Zikhri.

22. Die seuns van `Uzi’el was Misha’el, Eltzafan en Sitri.

23. Aharon het Elish’va, die dogter van `Ammínadav, die suster van Nagshon, vir hom as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan: Nadav, Avihu, El’azar en Itamar.

24. Die seuns van Korag was Assir, Elkanah en Avi’asaf. Dit is die families van die Koragiete.

25. El’azar, die seun van Aharon, het vir hom een van die dogters van Puti’el as vrou gevat en sy het vir hom geboorte gegee aan Pingas. Dit is die hoofde van die vaders se huise van die Leviete volgens hulle families.

26. Dit is dieselfde Aharon en Moshe vir wie יהוה gesê het: “Bring die seuns van Yisra’el uit die land van Mitzrayim uit volgens hulle menigte.”

27. Dit is hulle wat met Farao, die koning van Mitzrayim, gepraat het om die seuns van Yisra’el uit Mitzrayim uit te bring. Hierdie selfde Moshe en Aharon.

28. Dit het op die dag toe יהוה met Moshe in Mitzrayim gepraat het, gebeur

29. dat יהוה vir Moshe gesê het: “Ek is יהוה. Sê vir Farao, die koning van Mitzrayim, alles wat Ek vir jou sê.”

30. Moshe sê egter voor יהוה: “Let op, ek is onbekwaam om te praat! Hoe sal Farao na my luister?”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 6