Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 5:18-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Gaan dus nou en werk, want geen strooi sal vir julle gegee word nie en tog moet julle die hoeveelheid bakstene lewer.”

19. Die opsigters van die seuns van Yisra’el het gesien dat dit sleg met hulle gaan omdat daar gesê is: “Julle mag jul bakstene, volgens die eis van elke dag, nie verminder nie.”

20. Toe hulle by Farao uitkom het hulle Moshe en Aharon teëgekom, wat daar gestaan en wag het vir hulle

21. en sê vir hulle: “יהוה kyk na julle en oordeel julle omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy diensknegte, deur ’n swaard in hulle hand te gee om ons dood te maak.”

22. Moshe het teruggegaan na יהוה en gesê: “Meester, waarom het U skade op die mense gebring? Waarom het U my dan gestuur,

23. want sedert ek na Farao gegaan het om in U Naam (Karakter en Outoriteit) te praat, het hy skade aan hierdie mense gedoen en U het ook glad nie U volk gered nie?”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 5