Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 5:10-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die taakmeesters en die opsigters van die volk het uitgegaan en met die volk gepraat en gesê: “So sê Farao: ‘Ek sal nie vir julle strooi gee nie.

11. Gaan haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry, maar geen van julle werk word verminder nie’.”

12. Toe is die volk oor die hele Mitzrayim versprei om stoppels te versamel vir strooi

13. en die taakmeesters het op hulle gedruk en gesê: “Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.”

14. Die opsigters van die seuns van Yisra’el wat Farao se taakmeesters oor hulle aangestel het, is geslaan en gevra: “Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle voorgeskrewe hoeveelheid stene gemaak nie?”

15. Die opsigters van die seuns van Yisra’el het daarom gegaan en uitgeroep na Farao en gesê: “Waarom maak u so met u diensknegte?

16. Daar word geen strooi aan u slawe gegee nie en hulle sê vir ons: ‘Maak bakstene!’ Let op, u diensknegte word geslaan, maar die skuld lê by u mense.”

17. Hy antwoord egter: “Julle is lui! Baie lui en sê daarom: ‘Laat ons gaan en aan יהוה offer.’

18. Gaan dus nou en werk, want geen strooi sal vir julle gegee word nie en tog moet julle die hoeveelheid bakstene lewer.”

19. Die opsigters van die seuns van Yisra’el het gesien dat dit sleg met hulle gaan omdat daar gesê is: “Julle mag jul bakstene, volgens die eis van elke dag, nie verminder nie.”

20. Toe hulle by Farao uitkom het hulle Moshe en Aharon teëgekom, wat daar gestaan en wag het vir hulle

Lees volledige hoofstuk Eksodus 5