Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 40:7-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. en die kom tussen die Tent van Ontmoeting en die altaar neersit en water ingooi.

8. Maak die voorhof rondom en hang die gordyn aan die poort van die voorhof op.

9. Jy moet die salfolie neem en jy moet die tent en alles wat daarin is salf en dit afsonder met alles wat daarby hoort en dit sal afgesonderd wees.

10. Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy bybehore en jy moet die altaar afsonder en die altaar sal heeltemal afgesonderd wees.

11. Salf die kom en sy voetstuk en sonder dit af.

12. Jy moet ook vir Aharon en sy seuns na die ingang van die Tent van Ontmoeting laat kom en jy moet hulle met water was.

13. Jy moet vir Aharon die afgesonderde klere aantrek en hom salf en afsonder sodat hy My kan dien as priester.

14. Jy moet ook sy seuns laat kom en vir hulle die klede aantrek.

15. Jy moet hulle salf, soos jy hulle vader gesalf het en hulle moet My dien as priesters, want hulle salwing sal vir hulle ’n ewige priesterskap wees, in hulle geslagte.”

16. Dit het Moshe gedoen, volgens alles wat יהוה hom beveel het, net so het hy gedoen.

17. In die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig.

18. Moshe het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit, sy planke daarop gesit, sy pale vasgemaak en sy pilare opgerig.

19. Hy het die tent oor die raamwerk gespan en die dekkleed van die tent bo-oor getrek, net soos יהוה Moshe beveel het.

20. Verder het hy die Getuienis gevat en dit in die ark ingesit en die pale aan die kant van die ark ingesteek en die Toedekking het hy bo-op die ark gesit.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 40