Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 40:26-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Hy het die goue altaar in die Tent van Ontmoeting neergesit, voor die verdelingsgordyn

27. en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos יהוה Moshe beveel het.

28. Hy het die gordyn aan die ingang van die tabernakel opgehang.

29. Hy het die brandofferaltaar by die ingang van die Tent van Ontmoeting neergesit en hy het die brandoffer en die graanoffer daarop gebring, soos יהוה Moshe beveel het.

30. Hy het die kom tussen die Tent van Ontmoeting en die altaar gesit en hy het water ingegooi om mee te was

31. en Moshe, Aharon en sy seuns het hulle hande en voete daar gewas.

32. Wanneer hulle ingaan in die Tent van Ontmoeting of naderkom na die altaar, het hulle hul gewas, soos יהוה Moshe beveel het.

33. Hy het die voorhof wat rondom die tabernakel is en die altaar opgerig en die gordyn vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moshe dan die werk voltooi

34. en die wolk het die Tent van Ontmoeting oordek en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het die tent gevul.

35. Moshe was nie in staat om in die Tent van Ontmoeting in te gaan nie omdat die wolk daarop gerus en die Teenwoordigheid van יהוה die tent gevul het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 40