Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 40:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Op die eerste dag van die eerste maand, moet jy die Tent van Ontmoeting oprig

3. en jy moet die ark van die Getuienis daarin sit en die ark met die verdelingsgordyn toemaak.

4. Jy moet die tafel inbring en daarop regsit wat daarop hoort. Jy moet ook die lampstaander inbring en sy lampe opsteek.

5. Jy moet ook die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Jy moet die gordyn van die ingang van die tabernakel ophang.

6. Jy moet ook die brandofferaltaar voor die ingang van die Tent van Ontmoeting neersit

7. en die kom tussen die Tent van Ontmoeting en die altaar neersit en water ingooi.

8. Maak die voorhof rondom en hang die gordyn aan die poort van die voorhof op.

9. Jy moet die salfolie neem en jy moet die tent en alles wat daarin is salf en dit afsonder met alles wat daarby hoort en dit sal afgesonderd wees.

10. Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy bybehore en jy moet die altaar afsonder en die altaar sal heeltemal afgesonderd wees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 40