Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 4:22-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Dan moet jy vir Farao sê: ‘So sê יהוה: Yisra’el is My seun, My eersgeboreneRom 9:4-15

23. en Ek sê vir jou: Laat my seun gaan dat hy My kan dien en as jy weier om hom te laat gaan, let op, Ek sal jou seun doodmaak, jou eersgeborene’.”

24. Dit het op die pad in die herberg gebeur dat יהוה hom teëgekom het en hom wou doodmaak.

25. Toe vat Tzipporah ’n skerp klip en sny die voorhuid van haar seuns af en gooi dit voor Moshe se voete en sê: “Waarlik, jy is vir my ’n bloedbruidegom!”

26. Hy het hom toe laat staan. Toe het sy gesê: “Jy is ’n bloedbruidegom!” - as gevolg van die besnydenis.

27. יהוה het ook vir Aharon gesê: “Gaan ontmoet Moshe in die wildernis.” Hy het gegaan en hom by die berg van God ontmoet en hom gesoen.

28. Moshe vertel vir Aharon al die woorde van יהוה waarmee Hy hom gestuur het en al die tekens wat Hy hom beveel het om te doen.

29. Moshe en Aharon het gegaan en al die oudstes van die seuns van Yisra’el laat bymekaarkom

30. en Aharon het al die woorde gepraat wat יהוה aan Moshe gesê het en die tekens voor die oë van die volk gedoen.

31. Die volk het geglo en toe hulle hoor dat יהוה die seuns van Yisra’el besoek het en aandag gegee het aan hulle onderdrukking, het hulle laag neergebuig en plat op hulle gesigte gaan lê.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 4