Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 4:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Moshe antwoord en sê: “Maar veronderstel hulle glo my nie en luister nie na wat ek sê nie, maar sê: ‘יהוה het nie aan jou verskyn nie’?”

2. יהוה vra vir hom: “Wat is daar in jou hand?” Hy antwoord: “’n Staf.”

3. Toe sê Hy: “Gooi dit op die grond.” Toe gooi hy dit op die grond en dit het ’n slang geword en Moshe het vir dit gevlug.

4. יהוה sê vir Moshe: “Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert.” Hy het sy hand uitgesteek en dit gegryp en dit het ’n staf in sy hand geword.

5. “Sodat hulle kan glo dat יהוה, die God van hulle vaders, die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov, aan jou verskyn het.”

6. יהוה het verder vir hom gesê: “Steek nou jou hand in jou boesem.” Hy het sy hand in sy boesem gesteek en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!

Lees volledige hoofstuk Eksodus 4