Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 38:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Sy lengte was vyf el en sy breedte vyf el; vierkantig. Sy hoogte was drie el.

2. Hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk en hy het dit met koper oorgetrek.

3. Hy het ook al die bybehore van die altaar gemaak: die potte, die grawe, die komme, die vurke en die vuurpanne. Al sy bybehore het hy van koper gemaak.

4. Hy het ook vir die altaar ’n loopplank gemaak, ’n netwerk van koper, onder sy lys, halfpad van onder van die altaar af.

5. Hy het vier ringe aan die vier ente van die koper loopplank gegiet, as plekke vir die pale

Lees volledige hoofstuk Eksodus 38