Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 35:28-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. die speserye en die olie vir die lampstaander en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.

29. Die seuns van Yisra’el het ’n vrywillige offergawe aan יהוה gebring, elke man en vrou wie se wil, emosie en verstand gewillig was om te bring vir al die werk wat יהוה deur die hand van Moshe beveel het om gedoen te word.

30. Moshe het vir die seuns van Yisra’el gesê: “Let op, יהוה het B’tzal’el, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Y’hudah, by sy naam geroep

31. en Hy het hom met die Gees van God gevul, met wysheid, met begrip, met kennis en met bekwaamheid vir allerhande werk,

32. om ontwerpe uit te dink, om te werk in goud, silwer en koper,

33. in snywerk, in stene wat ingelê moet word, in houtsneewerk en om te werk in allerhande ontwerpwerk.

34. Hy het dit ook in sy wil en verstand gegee om ander te leer, aan hom en aan Oholi’av, die seun van Agisamakh, van die stam van Dan.

35. Hy het hulle gevul met wysheid van verstand om allerhande werk te maak van ’n graveerder, ’n ontwerper, ’n maker van veelkleurige muurtapyte in blou, pers en bloedrooi materiale en wit geweefde linne en van ’n wewer; hulle wat al die werk moes doen en kunstige ontwerpe moes uitdink.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 35