Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 35:20-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Die hele vergadering van die seuns van Yisra’el het van Moshe se teenwoordigheid af weggegaan.

21. Elkeen wie se wil, emosie en verstand hom opgewek het en wie se gees hom beweeg het, het gekom en die bydrae aan יהוה gebring vir die werk aan die Tent van Ontmoeting, vir al sy bedieninge en vir die afgesonderde klere.

22. Hulle het gekom, beide manne en vroue, elkeen met ’n gewillige emosie, wil en verstand; hulle het armbande, neusringe, ringe, versierings en allerhande goue goed gebring, elkeen wat ’n offer van goud aan יהוה gebring het.

23. Elkeen wat in besit was van blou, pers en bloedrooi materiale, wit geweefde linne, bokhaar, rooigekleurde ramsvelle en dugongvelle, het dit gebring.

24. Elkeen wat ’n bydrae van silwer of koper kon bring, het die bydrae vir יהוה gebring en elkeen wat akasiahout gehad het vir enige van die werk, het dit gebring.

25. Elke vrou wat kunstig was, het met haar eie hande gespin en dit wat sy gespin het gebring: die blou, pers en bloedrooi materiale en die fyn wit geweefde linne.

26. Al die vroue wie se wil en denke hulle opgewek het deur kunstigheid, het die bokhaar gespin.

27. Die leiers het die oniksstene en die stene om in te lê, vir die skouerstuk en die borsplaat gebring,

28. die speserye en die olie vir die lampstaander en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 35