Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 35:16-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. die brandofferaltaar met sy raamwerk van koper, sy pale en al sy bybehore; die kom met sy voetstuk;

17. die behangsels van die voorhof, sy pilare, sy voetstukke en die gordyn van die poort van die voorhof;

18. die penne van die tabernakel, die penne van die voorhof met hulle toue;

19. die kunstig geweefde klere om in die Afgesonderde plek te bedien, die afgesonderde klere vir Aharon, die priester en die klere van sy seuns om as priesters te dien.”

20. Die hele vergadering van die seuns van Yisra’el het van Moshe se teenwoordigheid af weggegaan.

21. Elkeen wie se wil, emosie en verstand hom opgewek het en wie se gees hom beweeg het, het gekom en die bydrae aan יהוה gebring vir die werk aan die Tent van Ontmoeting, vir al sy bedieninge en vir die afgesonderde klere.

22. Hulle het gekom, beide manne en vroue, elkeen met ’n gewillige emosie, wil en verstand; hulle het armbande, neusringe, ringe, versierings en allerhande goue goed gebring, elkeen wat ’n offer van goud aan יהוה gebring het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 35