Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 35:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Moshe het die hele vergadering van die seuns van Yisra’el bymekaar laat kom en vir hulle gesê: “Hierdie is die dinge wat יהוה julle beveel het om te doen:

2. werk moet vir ses dae gedoen word, maar die sewende dag moet vir julle afgesonderd wees, ’n Shabbat van volkome rus tot יהוה. Wie ook al enige werk daarop doen, moet doodgemaak word.

3. Julle mag geen vuur aansteek op die ShabbatEks 16:23 in enige een van julle blyplekke nie.”Eks 12:16

4. Moshe het met die hele vergadering van die seuns van Yisra’el gepraat en gesê: “Dít is wat יהוה beveel en gesê het:

5. Vat vanuit julle ’n bydrae aan יהוה. Laat elkeen met ’n gewillige verstand, wil en emosie dit bring as ’n bydrae aan יהוה: goud, silwer en koper;

6. blou, pers en bloedrooi materiaal, wit geweefde linne en bokhaar;

7. rooigekleurde ramsvelle, dugongvelle en akasiahout;

8. olie vir die lampstaander, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

9. oniksstene en stene om in te lê in die skouerstuk en die borsplaat.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 35