Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 31:12-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

13. “Jy egter, moet met die kinders van Yisra’el praat en sê: ‘Julle moet sekerlik My Shabbatte hou, want dit is ’n teken tussen My en julle regdeur julle geslagte sodat julle kan weet dat Ek יהוה is wat julle afsonder.

14. Onderhou daarom die Shabbat, want dit is vir julle afgesonder. Hy wat dit verbreek, moet die dood sterf, want wie ook al daarop werk doen, dié persoon moet afgesny word vanuit sy volksgenote.Eks 20:8-11; Lev 23:3; Lev 24:8; Yes 58:13; Mat 12:8

15. Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is daar ’n Shabbat van volkome rus, afgesonder tot יהוה. Wie ook al enige werk doen op die Shabbatdag, moet die dood sterf;

16. daarom moet die seuns van Yisra’el die Shabbat onderhou deur die Shabbat te vier in hulle geslagte as ’n ewige verbond.

17. Dit is ’n ewige teken tussen My en die seuns van Yisra’el, want in ses dae het יהוה die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en is verfris.’”

18. Toe Hy klaar met hom gepraat het op die berg Sinai, het Hy vir Moshe die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, geskrywe met die vinger van God.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 31