Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 31:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Kyk, Ek het B’tzal’el, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Y’hudah, by sy naam geroep

3. en Ek het hom vervul met die Gees van God, in wysheid, begrip, kennis en bekwaamheid vir allerhande werk:

4. om ontwerpe uit te dink, te werk in goud, silwer en koper

5. en met snywerk in stene wat afgerond moet word, met houtsneewerk en om allerhande werk te kan doen.

6. Let op, Ek het self vir Oholi’av saam met hom aangestel, die seun van Agisamakh, van die stam van Dan. Ek het ook wysheid in die hart van elkeen wat vaardig is, gegee sodat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:

7. die Tent van Ontmoeting, die ark van die Getuienis, die Toedekking wat daarop moet wees, al die bybehore by die tent,

8. die tafel met sy bybehore, die suiwer goud lampstaander met al sy bybehore en die reukaltaar;

9. ook die brandofferaltaar met al sy bybehore, die kom met sy voetstuk,

10. die kunstige klere, die afgesonderde klere van Aharon, die priester en die klere van sy seuns, om te dien as priesters;

11. ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die Afgesonderde plek; net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 31