Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 28:15-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Jy moet die borsplaat van beslissing maak van kunstige werk; soos die vakmanskap van die skouerstuk moet jy dit maak; van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en van wit geweefde linne moet jy dit maak.

16. Dit moet in ’n vierkant gevou word; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte.

17. Jy moet vier rye stene, in rame gemonteer, insit: die eerste ry moet ’n robyn, ’n topaas en ’n smarag wees.

18. Die tweede ry is ’n turkoois, ’n saffier en ’n diamant.

19. Die derde ry is ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.

20. Die vierde ry is ’n beril, ’n oniks en ’n jaspis. Hulle moet in goue monteerrame geset word.

21. Die stene moet die name van die seuns van Yisra’el hê, twaalf volgens hulle name. Dit moet soos op ’n seëlsteen uitgesny word, elkeen met sy eie naam, volgens die twaalf stamme.

22. Jy moet ook kettings vir die borsplaat maak. Maak dit soos gedraaide toue van suiwer goud.

23. Jy moet ook twee goue ringe maak vir die borsplaat en maak die twee ringe vas aan die twee bo-ente van die borsplaat

24. en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borsplaat

25. en maak die twee ander ente van die twee toutjies vas aan die twee monteerrame en maak dié dan vas aan die skouers van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 28