Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 27:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Die pale moet in die ringe gesteek word sodat die pale aan altwee kante van die altaar is om dit te dra.

8. Jy moet dit hol maak, van planke. Soos dit vir jou op die berg gewys is, net so moet hulle dit maak.

9. Jy moet ook die voorhof van die tabernakel maak. Vir die suidekant, moet daar vir die voorhof behangsels wees van wit geweefde linne; die lengte vir die een kant moet honderd el wees

10. en sy twintig pilare met hulle twintig voetstukke moet koper wees; die hake en die ringe van die pilare moet van silwer wees.

11. Net so moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank en sy twintig pilare met hulle twintig voetstukke van koper. Die hake en die ringe van die pilare moet van silwer wees.

12. In die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar vyftig el behangsels wees en sy tien pilare en hulle tien voetstukke.

13. Die breedte van die voorhof aan die oostekant, waar die son opkom, is vyftig el.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 27