Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:25-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Daar sal dus agt planke wees met hulle silwer voetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder elke plank.

26. Jy moet ook pale van akasiahout maak: vyf vir die planke aan die een sykant van die tabernakel

27. en vyf pale vir die planke aan die ander sykant van die tabernakel; ook vyf pale vir die planke aan die kant van die tabernakel na die weste.

28. Die middelste balk moet deur die middel van die planke loop, van ent tot ent.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26