Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:22-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Vir die kant van die tabernakel, na die weste toe, moet jy ses planke maak.

23. Jy moet ook twee planke maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.

24. Hulle moet van onder tot bo dubbel wees en bo en onder vas met een ring. So moet dit met altwee wees; hulle sal vir die twee hoeke wees.

25. Daar sal dus agt planke wees met hulle silwer voetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder elke plank.

26. Jy moet ook pale van akasiahout maak: vyf vir die planke aan die een sykant van die tabernakel

27. en vyf pale vir die planke aan die ander sykant van die tabernakel; ook vyf pale vir die planke aan die kant van die tabernakel na die weste.

28. Die middelste balk moet deur die middel van die planke loop, van ent tot ent.

29. Jy moet die planke met goud oortrek en hulle ringe, as plekke vir die pale, moet jy van goud maak. Die pale moet jy ook met goud oortrek.

30. Jy moet die tabernakel oprig volgens die plan wat vir jou op die berg gewys is.

31. Jy moet ’n verdelingsgordyn maak van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne, met gérubs kunstig ingewerk.Heb 9:3

32. Jy moet dit aan vier pilare van akasiahout, wat met goud oorgetrek is, ophang. Hulle hake moet van goud wees en op vier silwer voetstukke staan.

33. Jy moet die verdelingsgordyn aan die hakies ophang en die ark van die Getuienis daar inbring, binnekant die verdelingsgordyn. Die verdelingsgordyn moet vir julle ’n skeiding maak tussen die Afgesonderde en die Mees Afgesonderde.

34. Jy moet die Toedekking op die Ark van die Getuienis neersit in die Mees Afgesonderde Plek.

35. Sit die tafel buitekant die verdelingsgordyn en die lampstaander teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Die tafel moet jy aan die noordekant sit.

36. Jy moet ook vir die ingang van die tent ’n bedekking maak van blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne, die produk van kunstige weefwerk.

37. Jy moet vir die bedekking vyf pilare van akasiahout maak en dit oortrek met goud; hulle hake moet ook van goud wees en jy moet vyf koper voetstukke vir hulle giet.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26