Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Jy moet verder die tabernakel van tien gordyne maak, van wit geweefde linne met blou, pers en bloedrooi garing ingevleg; met gérubs kunstig ingevleg, moet jy dit maak.

2. Die lengte van elke gordyn moet agt en twintig el wees en die breedte van elke gordyn vier el. Al die gordyne moet dieselfde mate hê.

3. Vyf van die gordyne moet aanmekaar vasgewerk word en die ander vyf gordyne aanmekaar.

4. Jy moet lissies van blou materiaal maak aan die kant van die buitenste gordyn van die een stel en jy moet dit net so maak aan die buitekant van die gordyn van die tweede stel.

5. Jy moet vyftig lissies aan die een gordyn maak en jy moet vyftig lissies maak aan die rand van die gordyn wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet regoor mekaar pas.

6. Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die gordyne aanmekaar vassit met die hakies sodat die tabernakel een is.

7. Jy moet ook gordyne van bokhaar maak as ’n tentbedekking oor die tabernakel: jy moet elf gordyne maak.

8. Die lengte van elke gordyn moet dertig el wees en die breedte van elke gordyn vier el: die elf gordyne moet dieselfde mate hê.

9. Jy moet vyf van die gordyne afsonderlik aanmekaar werk en ses van die gordyne afsonderlik en jy moet die sesde gordyn dubbel vou aan die voorkant van die tent.

10. Jy moet vyftig lissies maak aan die kant van die laaste gordyn van die een stel en vyftig lissies aan die kant van die laaste gordyn van die tweede stel.

11. Jy moet ook vyftig koper hakies maak en die hakies in die lissies steek en jy moet die tentbedekking aanmekaar las sodat dit een is.

12. Die stuk van die gordyn van die tentbedekking wat oorbly, die halwe gordyn wat oorbly, moet oorhang aan die agterkant van die tabernakel

13. en ’n el aan weerskante van die lengte van die gordyne moet oorhang aan die sykante van die tabernakel, aan weerskante, om dit toe te dek.

14. Jy moet ook vir die tent ’n bedekking van rooigekleurde ramsvelle maak en ’n bedekking van dugongvelle daar bo-oor.

15. Jy moet ook die regopstaande planke vir die tabernakel van akasiahout maak.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26