Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 25:4-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. blou, pers en bloedrooi stowwe, wit geweefde linne en bokhaar;

5. rooigekleurde ramsvelle, dugongvelle en akasiahout;

6. olie vir beligting, speserye vir die salfolie en vir die aromatiese reukwerk;

7. oniksstene en stene om in te lê vir die skouerstuk en die borsplaat.

8. Hulle moet ook vir My ’n afgesonderde plek maak sodat Ek tussen hulle kan bly.

9. Volgens alles wat Ek jou gaan wys; die bloudrukplan van die tabernakel en die bloudrukplan van alles wat daarby hoort; presies so moet julle dit maak.

10. Hulle moet ’n ark van akasiahout maak. Sy lengte moet twee en ’n half el, sy breedte een en ’n half el en sy hoogte een en ’n half el wees.

11. Jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek en jy moet ’n goue rand rondom bo-op maak.

12. Jy moet vier ringe van goud daarvoor giet en dit aan sy vier voete vassit, twee ringe moet aan die een kant en twee ringe aan die ander kant wees.

13. Maak pale van akasiahout, trek dit oor met goud

14. en steek die pale in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra.

15. Die pale moet in die ringe van die ark bly; hulle mag nie daar uitgehaal word nie.

16. Jy moet die Getuienis, wat Ek vir jou gee, in die ark sit.

17. Maak ook ’n toedekking van suiwer goud. Sy lengte moet twee en ’n half el en sy breedte een en ’n half el wees.

18. Maak ook twee gérubs van goud. Van gietwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die toedekking.

19. Maak een gerub aan die een ent en een gerub aan die ander ent. Uit een stuk met die toedekking, moet julle die gérubs aan die twee ente maak.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 25