Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 25:10-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle moet ’n ark van akasiahout maak. Sy lengte moet twee en ’n half el, sy breedte een en ’n half el en sy hoogte een en ’n half el wees.

11. Jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek en jy moet ’n goue rand rondom bo-op maak.

12. Jy moet vier ringe van goud daarvoor giet en dit aan sy vier voete vassit, twee ringe moet aan die een kant en twee ringe aan die ander kant wees.

13. Maak pale van akasiahout, trek dit oor met goud

14. en steek die pale in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra.

15. Die pale moet in die ringe van die ark bly; hulle mag nie daar uitgehaal word nie.

16. Jy moet die Getuienis, wat Ek vir jou gee, in die ark sit.

17. Maak ook ’n toedekking van suiwer goud. Sy lengte moet twee en ’n half el en sy breedte een en ’n half el wees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 25