Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 25:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met die seuns van Yisra’el dat hulle aan My ’n bydrae moet bring; vanaf elkeen wat met ’n gewillige hart gee, moet julle My offer ontvang.

3. Dit is die bydrae wat julle van hulle af moet vat: goud, silwer en koper;

4. blou, pers en bloedrooi stowwe, wit geweefde linne en bokhaar;

5. rooigekleurde ramsvelle, dugongvelle en akasiahout;

6. olie vir beligting, speserye vir die salfolie en vir die aromatiese reukwerk;

7. oniksstene en stene om in te lê vir die skouerstuk en die borsplaat.

8. Hulle moet ook vir My ’n afgesonderde plek maak sodat Ek tussen hulle kan bly.

9. Volgens alles wat Ek jou gaan wys; die bloudrukplan van die tabernakel en die bloudrukplan van alles wat daarby hoort; presies so moet julle dit maak.

10. Hulle moet ’n ark van akasiahout maak. Sy lengte moet twee en ’n half el, sy breedte een en ’n half el en sy hoogte een en ’n half el wees.

11. Jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek en jy moet ’n goue rand rondom bo-op maak.

12. Jy moet vier ringe van goud daarvoor giet en dit aan sy vier voete vassit, twee ringe moet aan die een kant en twee ringe aan die ander kant wees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 25