Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 24:10-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. en hulle het die God van Yisra’el gesien en onder Sy voete was dit net soos ’n vloerwerk van stene van saffier en so helder soos die hemele self.

11. Hy het nie Sy hand teen die leiers van die seuns van Yisra’el uitgesteek nie en hulle het God gesien en het geëet en gedrink.

12. יהוה sê vir Moshe: “Kom die berg op na My toe en bly daar en Ek sal vir jou die kliptafels met die wet gee en die opdragte wat Ek geskryf het om hulle te leer.”

13. Moshe het saam met Y’hoshua, sy dienskneg, opgestaan en Moshe het op die berg van God opgegaan

14. en aan die oudstes gesê: “Wag hier vir ons tot ons na julle toe terugkom. Let op, Aharon en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle toe gaan.

15. Moshe het op die berg opgegaan en ’n wolk het die berg toegedek.

16. Die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het op die berg Sinai gebly en die wolk het dit ses dae lank toegedek en op die sewende dag het Hy na Moshe geroep uit die wolk.

17. Die verskyning van יהוה se Gemanifesteerde Teenwoordigheid was in die oë van die seuns van Yisra’el soos ’n verterende vuur op die top van die berg.

18. Moshe het binne-in die wolk ingegaan soos hy op die berg opgaan en Moshe was veertig dae en veertig nagte op die berg.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 24