Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 22:19-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Elkeen wat met ’n dier gemeenskap het, moet die dood sterf.

20. Hy wat aan enige god offer, behalwe aan יהוה alleen, moet vernietig word.

21. Jy mag nie ’n vreemdeling sleg behandel of hom onderdruk nie, want julle was vreemdelinge in die land van Mitzrayim.

22. Julle mag geen weduwee of wees leed aandoen nie.

23. As jy hulle enigsins leed aandoen en hulle roep uit na My toe, dan sal Ek hulle geroep sekerlik hoor

24. en My woede sal brand en Ek sal julle met die swaard ombring; julle vroue sal weduwees en julle kinders vaderloos wees.

25. As jy aan My volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ’n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie.Ps 15:5

26. As jy ooit jou naaste se klere as pand neem, moet jy dit vir hom teruggee voor die son ondergaan,

27. want dit is sy enigste bedekking, dit is die klere vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? As hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is goedgunstig.

28. Jy mag die regter nie uitskel en ’n heerser oor jou volk nie vloek nie.Hand 23:4,5

29. Jy mag nie die offer van die eerste van jou oes en jou druiwe oes uitstel nie. Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My gee.

30. Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou skape: sewe dae moet dit by sy moeder wees en op die agtste dag moet jy dit vir My gee.

31. Julle moet vir My afgesonderde mense wees. Julle mag nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi.Deut 14:21

Lees volledige hoofstuk Eksodus 22