Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 22:13-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. As dit verskeur is, moet hy dit as bewys bring; wat verskeur is, hoef hy nie te vergoed nie.

14. As ’n man van sy naaste iets leen en dit kry ’n ongeluk of gaan dood terwyl die eienaar nie by is nie, moet hy ten volle vergoeding gee.

15. As die eienaar by was, hoef hy geen vergoeding te gee nie. As dit gehuur was, is die huurgeld daarvoor.

16. As iemand ’n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en by haar lê, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.

17. As haar vader beslis weier om haar vir hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.

18. ’n Heks mag jy nie laat lewe nie.

19. Elkeen wat met ’n dier gemeenskap het, moet die dood sterf.

20. Hy wat aan enige god offer, behalwe aan יהוה alleen, moet vernietig word.

21. Jy mag nie ’n vreemdeling sleg behandel of hom onderdruk nie, want julle was vreemdelinge in die land van Mitzrayim.

22. Julle mag geen weduwee of wees leed aandoen nie.

23. As jy hulle enigsins leed aandoen en hulle roep uit na My toe, dan sal Ek hulle geroep sekerlik hoor

24. en My woede sal brand en Ek sal julle met die swaard ombring; julle vroue sal weduwees en julle kinders vaderloos wees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 22